Rotation

Standaard

Revolution (the field of man-made dandelions)

over and under they turn

til Nature stops

and pauses

to take another deep breath –

inhale… and exhale –

over and under they turn

never-ending revolutions

– Skribbelskrywer 15/7/2019

Advertisements

Gedig(theid)

Standaard

Olie en water is albei uniek.

Hul samestelling maak dat hul spesifiek

benodig sal word vir ‘n taak

sonder dat die verbruiker kwaad sal raak

omdat olie, olie en water, water is.

 

Maar waarom raak olie en water

dan al hoe kwater

vir mekaar

omdat water nie olie en olie nie water is?

 

Miskien omdat hul met die inskinkslag

kortstondig kon meng – hul het gelag

en gedink: nog een soos ék!

Ek ís op die regte plek…

 

En toe:  ‘n natuurlike skeiding

wat skok, ja, én lyding

bring. Eers die ontkenning,

want daar wás dan vermenging

van olie en water, of hoe?

 

Hoe hard hul ookal wat probeer,

hoe hard hul ookal gil of skree,

olie bly olie en water bly water.

Geen nut daarin om kwater

te raak oor hiérdie ontdekking.

 

Tussen die kwaad en aanvaarding

van hierdie andersheid

lê berge en dale van onderhandeling

oor olie en water se digtheid,

oor dít wat nou eintlik die skeiding bring.

 

En as elkeen uiteindelik

‘n bietjie daaroor dink, dat

olie net olie, en

water net water is,

is dit makliker om sonder vrees

 

sommer net olie of water te wees.

 

Corlie Liebenberg

November 2017

 

(Hart)seer hart

Standaard

​Nie my grootste seer kon
ooit my hart
genoeg voorberei vir al die
trane nie
al probeer ek met
nuwe gedagtes die snikke stop
slaan my hart kort-kort weer

stukkend teen die
alomteewoordige seer van
liefde wat nie meer is nie

en nou moet ek daarna
kyk… ‘n lykskouing

ja, die stukkende hart móét
uit om plek te maak vir een met
bo-menslike vreugde, maar
ek kan nog nie laat
los nie