Veertig jaar

Standaard

Veertig jaar
se bymekaar
is ‘n leeftyd se liefhê.

Dis net so lank
soos die beloofde land
se woestynreis wat Israel moes aflê.

Liefde wat drukkies gee,
klere maak en trane afvee.

Liefde wat bedek,
verdra en glo en strek
tot waar ons dink ophou.

Liefde wat
die Groot Liefde ken
en ander gaan vertel
om nog siele te wen.

Dis die voorbeeld
wat jul stel
wat ons ons kinders
van vertel.

Veertig jaar
se bymekaar
is ‘n leeftyd se genade,
‘n leeftyd se hoop.
Mag dit vir nog veertig jaar
so wees
dat jul die pad
saam kan loop.

Corlie Liebenberg
20/12/2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s