Gedig(theid)

Standaard

Olie en water is albei uniek.

Hul samestelling maak dat hul spesifiek

benodig sal word vir ‘n taak

sonder dat die verbruiker kwaad sal raak

omdat olie, olie en water, water is.

 

Maar waarom raak olie en water

dan al hoe kwater

vir mekaar

omdat water nie olie en olie nie water is?

 

Miskien omdat hul met die inskinkslag

kortstondig kon meng – hul het gelag

en gedink: nog een soos ék!

Ek ís op die regte plek…

 

En toe:  ‘n natuurlike skeiding

wat skok, ja, én lyding

bring. Eers die ontkenning,

want daar wás dan vermenging

van olie en water, of hoe?

 

Hoe hard hul ookal wat probeer,

hoe hard hul ookal gil of skree,

olie bly olie en water bly water.

Geen nut daarin om kwater

te raak oor hiérdie ontdekking.

 

Tussen die kwaad en aanvaarding

van hierdie andersheid

lê berge en dale van onderhandeling

oor olie en water se digtheid,

oor dít wat nou eintlik die skeiding bring.

 

En as elkeen uiteindelik

‘n bietjie daaroor dink, dat

olie net olie, en

water net water is,

is dit makliker om sonder vrees

 

sommer net olie of water te wees.

 

Corlie Liebenberg

November 2017

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s